Proverbs 16:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die grootpad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat sy weg bewaar, bewaar sy siel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die regverdige se pad stuur weg van die kwaad. Iemand wat daardie pad volg, beveilig sy lewe.
Afrikaans 1933/1953 Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.
Afrikaans 1983 Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg; wie nougeset lewe, hou homself in die lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gebaande weg van opregtes is om weg te draai van die kwaad; wie sy lewe wil beskerm, gee ag op sy lewenspad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eerlike mense loop op 'n pad waar dit nie sleg gaan met hulle nie. As hulle op daardie pad bly, dan hou hulle aan om te lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie die Here volg, bly uit die moeilikheid. Wie gelukkig wil wees, sal versigtig leef.