Proverbs 16:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die voorbereiding van die hart in die mens en die antwoord van die tong is van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense kan planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af.
Afrikaans 1933/1953 Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
Afrikaans 1983 'n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Mens kry sy gedagtes agtermekaar, maar die antwoord van die tong kom van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat sê wat sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie.