Proverbs 15:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die weg van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het hom lief wat geregtigheid najaag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here verafsku die manier waarop goddelose mense leef. Hy het die mense lief wat volgens sy wil lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Afstootlik vir die Here is die pad van 'n goddelose, maar wie geregtigheid nastreef, vir hom is Hy lief. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here haat dit wanneer mense verkeerd doen, maar Hy hou van mense wat altyd probeer om reg te doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here haat die ongelowiges se slegte dade. Hulle wat opreg leef, het Hy sommer baie lief. |