Proverbs 15:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is vir hom 'n behae. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here verafsku die offers van goddelose mense. Hy is bly oor die gebede van opregtes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses, maar Hy aanvaar die gebede van opregtes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die offer van goddeloses is afstootlik vir die Here, maar die gebed van opregtes geniet sy goedkeuring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here haat die offers wat mense bring wat verkeerd doen, maar Hy aanvaar die gebede van eerlike mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Slegte mens se godsdiens is oppervlakkig. Die Here haat sy skynheiligheid. ’n Gelowige se gebed is vir die Here wonderlik. |