Proverbs 15:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat tug verwerp, verag sy eie siel; maar hy wat teregwysing hoor, verkry verstand.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
Afrikaans 1983 Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie vermaning in die wind slaan, verag sy eie lewe, maar wie na teregwysing luister, verkry verstand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat nie wil leer nie, dink dit is nie belangrik wat met hom gebeur nie, iemand wat luister wanneer mense vir hom sê wat hy verkeerd doen, word verstandig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie wysheid verwerp, gooi sy geluk weg. Wie na goeie raad luister, verstaan die lewe soveel beter.