Proverbs 15:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat winsgewend is, stel sy huis in die knel; maar hy wat gawes haat, sal lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Gierigaard bring ongeluk oor sy huis. Wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.
Afrikaans 1933/1953 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
Afrikaans 1983 Wie hom verryk ten koste van 'n ander, maak dat sy gesin verstoot word; wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie onregverdige wins maak, stort sy huis in die ongeluk, maar hy wat omkoopgeskenke haat, sal leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat altyd meer wil hê as wat hy moet kry, laat dit sleg gaan met sy huisgesin, maar iemand wat nie presente wil neem om verkeerde dinge te doen nie, sal lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gulsigheid en geldgierigheid maak jou oneerlik. Dit vernietig jou gesin se lewe. Wie gelukkig is met wat hy het, probeer nie ander omkoop nie.