Proverbs 15:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die weg van die lewe is bo vir die wyse, dat hy kan weggaan uit die hel daaronder.
Afrikaans (NLV) 2011 Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe. Dit stuur weg van die doderyk daar onder.
Afrikaans 1933/1953 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
Afrikaans 1983 'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die weg na lewe lei opwaarts vir 'n verstandige mens, om so die doderyk daar onder te ontwyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Verstandige mens loop op die pad van die lewe, daardie pad gaan boontoe. 'n Verstandige mens loop nie op die pad na die doderyk nie, daardie pad gaan ondertoe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Gelowige leefstyl bring baie geluk. Dit kan ons teen baie ellendes beskerm.