Proverbs 15:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Beter is min met die vrees van die HERE as groot skat en moeite daarmee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is baie beter om min te hê en ook respek vir die Here, as om groot rykdom te besit met die onrus daarmee saam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby. |
| Afrikaans 1983 | Liewer min hê en die Here dien as groot rykdom en bekommernis daaroor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Bietjie, saam met ontsag vir die Here, is beter as 'n groot skat met paniek daarby. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is beter om min te hê en die Here te respekteer en te dien, beter as om baie goed te hê en ook probleme te hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is baie beter om die Here lief te hê en eenvoudig te lewe as om baie geld te besit, maar tog bekommerd oor jou geld en diep ongelukkig te wees. |