Proverbs 15:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hel en vernietiging is voor die aangesig van die HERE; hoeveel te meer dan die harte van die mensekinders?
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here weet wat gebeur in die doderyk en in die onderaardse dieptes. Hoeveel te meer weet Hy wat aangaan in mense se harte.
Afrikaans 1933/1953 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
Afrikaans 1983 Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes van mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •doderyk en die onderwêreld lê oop voor die Here – hoeveel te meer die harte van mensekinders!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here ken die doderyk en die onderwêreld, maar Hy ken die harte van mense nog beter.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here ken die lewe na die dood baie goed. Hy weet wat in die doderyk gebeur. So ken Hy ook alles wat ons beplan. Niks is vir Hom weggesteek nie.