Proverbs 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Spotter soek wysheid en vind dit nie, maar kennis is maklik vir die verstandige.
Afrikaans (NLV) 2011 Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis.
Afrikaans 1933/1953 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
Afrikaans 1983 Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie; 'n verstandige mens doen maklik kennis op.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Spotter soek wysheid, maar daar is niks; kennis is vir 'n verstandige maklik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie, ook nie wanneer hy dit soek nie. 'n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Dom mens soek tevergeefs na wysheid. Hy weet nie eens waar om te begin nie. ’n Gelowige weet hoe om gelukkig te leef. Hy weet waar om wysheid te vind.