Proverbs 14:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die guns van die koning is vir 'n wyse dienskneg, maar sy toorn is teen hom wat skande maak.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Koning het vreugde in bedrewe amptenare. Hy word kwaad vir een wat skande maak.
Afrikaans 1933/1953 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.
Afrikaans 1983 'n Verstandige amptenaar geniet die guns van die koning; een wat skande maak, maak hom kwaad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die welwillendheid van die koning is daar vir 'n verstandige dienaar, maar sy gramskap is bedoel vir 'n skandemaker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Koning hou van 'n verstandige amptenaar, maar die koning word kwaad wanneer die amptenaar nie sy werk doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Werkgewer beloon sy werknemer vir goeie diens. Afskeepwerk en bedrog lei tot afdanking en armoede.