Proverbs 14:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wysheid rus in die hart van hom wat verstand het, maar wat in die midde van die dwase is, word bekend gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Wysheid vloei voort uit ’n verstandige hart, ook as iemand tussen dwase beweeg, kom dit na vore.
Afrikaans 1933/1953 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
Afrikaans 1983 In 'n verstandige gemoed pas die wysheid goed in; by dwaasheid is dit nie tuis nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die hart van 'n verstandige rus wysheid; selfs onder dwase is dit bekend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wysheid pas by 'n verstandige mens, maar 'n dwaas weet niks van wysheid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Gelowige koester wysheid. Dommes dink nie eens daaraan hoe om reg te leef nie.