Proverbs 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die mond van die dwase is 'n roede van trots, maar die lippe van die wyse sal hulle bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die verwaande se woorde sny ’n lat vir homself. Die woorde van wyse mense beskerm hulle.
Afrikaans 1933/1953 In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
Afrikaans 1983 Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf; die woorde van wyse mense beskerm hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die mond van 'n sot is daar 'n slaanding vir sy hoogmoed, maar die lippe van wyses beskerm hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n dwaas praat, dan wys hy hoe hoogmoedig hy is, en hy kry straf. Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ’n val. ’n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.