Proverbs 14:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die menigte van mense is die eer van die koning, maar in die gebrek aan mense is die vernietiging van die vors.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Koning se aansien groei volgens die getal van sy onderdane; as die bevolking krimp, gaan hy te gronde.
Afrikaans 1933/1953 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.
Afrikaans 1983 'n Koning met baie onderdane is hoog in aansien; een met min onderdane gaan te gronde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In 'n oorvloed van mense lê 'n koning se luister, maar in die afwesigheid van 'n volk, lê 'n hooggeplaaste se ondergang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense respekteer 'n koning wanneer hy oor 'n groot volk regeer, maar iemand wat oor min mense regeer, bly nie lank 'n koning nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Leier se krag lê in sy ondersteuners. Sonder ondersteuners beteken hy niks nie.