Proverbs 14:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die vrees van die HERE is 'n sterk vertroue, en sy kinders sal 'n toevlug hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy wat ontsag het vir die Here, geniet sekuriteit; sy kinders vind vastigheid by hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees. |
| Afrikaans 1983 | Wie die Here dien, het daarin 'n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In ontsag vir die Here lê daar sterk vertroue, en vir iemand se kinders bied dit 'n skuilplek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat die Here respekteer en dien, is veilig, en die Here beskerm daardie persoon se kinders ook. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie die Here liefhet, voel veilig. Selfs sy eie kinders word beskerm. |