Proverbs 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dwaal hulle nie wat kwaad bedink nie? maar goedertierenheid en waarheid sal wees vir die wat goed bedink.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat kwaad wil doen, verloor sy rigting. Iemand wat goeddoen, sal die liefde en lojaliteit van ander geniet.
Afrikaans 1933/1953 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
Afrikaans 1983 Wie altyd op kwaad uit is, is op die verkeerde pad; wie goed doen, geniet liefde en trou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is hulle wat kwaad beplan nie op 'n dwaalspoor nie, en is troue liefde en waarheid nie bestem vir hulle wat die goeie beplan nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat besluit om slegte dinge te doen, weet nie wat met hulle sal gebeur nie. Mense wat besluit om goeie dinge te doen, doen wat hulle belowe het, hulle verander nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie net slegte dinge dink, raak naderhand die pad heeltemal byster. Diegene wat net goeie dinge wil doen, ontvang baie liefde en ondersteuning.