Proverbs 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat sy naaste verag, sondig; maar hy wat hom ontferm oor die armes, gelukkig is hy.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is sonde om jou buurman te verag. Geseënd is hulle wat die behoeftiges help.
Afrikaans 1933/1953 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
Afrikaans 1983 Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie sy medemens verag, sondig; maar wie medelye het met magteloses, is gelukkig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Sondaar dink die mense wat naby hom is, is nie belangrik nie, maar die persoon wat goed is vir mense wat hulleself nie kan beskerm nie, is 'n gelukkige mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Sondaar is iemand wat sy naaste sleg behandel. Iemand wat vir die armes goed is, ervaar onbeskryflike geluk.