Proverbs 14:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die ryke het baie vriende.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Arm mens word verstoot, selfs deur sy buurman. ’n Ryk man het baie mooiweersvriende.
Afrikaans 1933/1953 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
Afrikaans 1983 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs deur sy medemens word 'n arme gehaat, maar die vriende van 'n ryke is baie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand hou van 'n arm mens nie, ook nie die persoon naby hom nie, maar 'n ryk mens het baie vriende.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Arme se bure wil niks met hom te doen hê nie. Baie mense wil graag vriende van die rykes wees.