Proverbs 14:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Wyse man vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas is woedend en vol vertroue. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Wyse persoon is versigtig, hy vermy die kwaad. ’n Dom mens is oorverseker en gaan maar net aan sonder om te dink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue. |
| Afrikaans 1983 | Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad; wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Wyse is versigtig en vermy die kwaad, maar 'n dwaas is humeurig en vol selfvertroue. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur, en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie. 'n Dwaas dink nie wat hy doen nie, hy dink hy sal altyd veilig wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Gelowige let noukeurig op sy gedrag. Hy bly weg van verkeerde dinge af. ’n Dwaas gooi maklik alles waarin hy glo oorboord. |