Proverbs 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs in die lag is die hart bedroef; en die einde van daardie vreugde is swaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lag kan hartseer wegsteek; as die vrolikheid verby is, bly die verdriet nog agter. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis. |
| Afrikaans 1983 | 'n Mens kan lag terwyl hy treur, die uiteinde van vreugde kan kommer wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook onder gelag kan 'n hart pyn ervaar; die einde van vreugde is verdriet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is, maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs in iemand se lag word pyn gehoor. Blydskap kan ook in smart verander. |