Proverbs 14:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elke wyse vrou bou haar huis, maar die dwaas pluk dit met haar hande af.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Verstandige vrou bevorder die belange van haar huis. ’n Dwase vrou is self verantwoordelik vir die agteruitgang van haar huis.
Afrikaans 1933/1953 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
Afrikaans 1983 'n Wyse vrou sorg vir haar huis; 'n vrou sonder wysheid breek alles af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die wyses onder vroue bou elkeen haar huis, maar sotheid breek dit eiehandig af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Vrou wat wysheid het, sorg vir haar huisgesin, maar 'n dwase vrou verwoes haar huisgesin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Mooi lewe kan deur dom optrede vernietig word. Dis soos Wysheid wat ’n mooi huis met moeite bou. Dan kom Dwaasheid en breek dit af.