Proverbs 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die losprys van 'n man se lewe is sy rykdom, maar die arme luister nie na teregwysing nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ryk man het geld om homself mee los te koop. Die arm man kan nooit afgedreig word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie. |
| Afrikaans 1983 | Met sy rykdom moet 'n ryk man hom soms loskoop; 'n arm man kom nie in so 'n gevaar nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar 'n arme hoor nie sulke dreigemente nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand ryk is, dan moet hy homself miskien loskoop, maar niemand sê dat 'n arm mens iets moet betaal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rykdom help baie. As jy geld dringend nodig het, is dit beskikbaar. Armoede is sleg, want dit maak die arme weerloos. Hy is altyd aan ander se genade uitgelewer. |