Proverbs 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geregtigheid bewaar hom wat op die pad opreg is, maar goddeloosheid vernietig die sondaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheid vernietig die sondaar.
Afrikaans 1933/1953 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
Afrikaans 1983 Die opregte bly behoue deur sy gehoorsaamheid aan die Here; ongehoorsaamheid laat die sondaar te gronde gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geregtigheid bewaak 'n onberispelike leefwyse, maar goddeloosheid werp 'n sondaar omver.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat heeltemal reg lewe, is veilig omdat hy reg doen, maar 'n sondaar sterf omdat hy verkeerd doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die regte manier van leef beskerm die gelowige teen verkeerde dinge. Sonde vernietig ’n booswig se lewe heeltemal.