Proverbs 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die siel van die luiaard begeer en het niks nie, maar die siel van die vlytiges sal vet word.
Afrikaans (NLV) 2011 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer.
Afrikaans 1933/1953 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
Afrikaans 1983 Die luiaard se honger word nie gestil nie; hardwerkende mense het meer as genoeg om te eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Luiaard – sy keel begeer, en daar is niks, maar die keel van vlytiges geniet oorvloed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Lui mens word honger en hy kry niks om te eet nie, maar mense wat fluks werk, kry meer as genoeg om te eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Luiaard smag na baie dinge, maar hy kry niks daarvan nie. Iemand wat hard werk, het kos en klere. Hy het oorgenoeg om van te leef.