Proverbs 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat sy mond bewaar, bewaar sy lewe; maar hy wat sy lippe wyd oopmaak, sal vernietiging hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. |
| Afrikaans 1983 | Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie sy mond bewaak, beskerm sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom wag daar ondergang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n mens versigtig is wanneer hy iets sê, dan sal hy aanhou lewe, maar 'n mens wat te veel praat, sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid uit. ’n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid. |