Proverbs 13:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat sy roede spaar, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, tugtig hom betyds. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy wat sy seun nie dissipline leer nie, het hom nie regtig lief nie. As hy hom liefhet, sal hy hom dissiplineer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging. |
| Afrikaans 1983 | Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie sy lat terughou, haat sy seun, maar wie hom liefhet, hou hom in die oog vir straf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand nie sy kind straf nie, dan is hy nie lief vir sy kind nie, as hy lief is vir sy kind, dan sal hy vir die kind reg leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie nooit met sy kinders raas nie, het hulle nie werklik lief nie. Iemand wat sy kinders regtig liefhet, sal hulle kortvat as dit nodig is. |