Proverbs 13:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Baie voedsel is in die bewerking van die armes, maar daar is wat vernietig word weens gebrek aan oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer armes se grond bewerk is, gee dit genoeg kos vir hulle; maar deur onreg word die kos van hulle af weggevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan. |
| Afrikaans 1983 | Grond wat die eerste keer geploeg is, lewer genoeg kos vir die armes, maar waar daar nie wet en orde is nie, word die kos van hulle af weggevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oorvloedige kos is op die braakland van armes, maar dit word weggedra deur onreg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer arm mense hulle koringlande die eerste maal geploeg het, dan sal daar baie kos vir hulle op die lande wees, maar hulle verloor al die kos wanneer ander mense nie reg wil doen aan hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Arm mense se grond lewer genoeg op dat hulle kan eet. Maar as wet en orde nie gehandhaaf word nie, verloor hulle selfs die bietjie wat hulle het. |