Proverbs 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Mens sal goed eet uit die vrug van sy mond, maar die siel van die oortreders sal geweld eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat ’n mens sê, kan goeie dinge vir jou bring. Hulle wat afvallig is, soek net na geweld.
Afrikaans 1933/1953 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
Afrikaans 1983 'n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik; onbetroubare mense is net uit op geweld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die vrug van iemand se mond kan hy iets goeds eet, maar verraderlike mense het 'n begeerte na geweld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n mens die regte dinge sê, dan sal hy goeie dinge kry, maar mense wat ontrou is, wil altyd ander mense seermaak en doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Gelowige se woorde kan baie vir ander mense beteken. Hy trek self ook voordeel daaruit. Slegte mense kan nie genoeg van geweld kry nie.