Proverbs 13:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die begeerte wat vervul word, is soet vir die siel, maar dit is 'n gruwel vir die dwase om van die kwaad af te wyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Begeertes wat vervul word, bring vreugde; dwase mense het ’n afkeer daaraan om kwaad te vermy.
Afrikaans 1933/1953 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
Afrikaans 1983 'n Begeerte wat vervul is, bring vreugde. Dwase het 'n afkeer daarvan om kwaad te vermy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Wens wat waar word, is soet vir die siel, maar dit is afstootlik vir dwase om van die kwaad weg te bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is lekker om iets te kry wat jy graag wil hê. Dwase haat dit om op te hou om slegte dinge te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is lekker as ons ons ideale bereik. Slegte mense bereik niks nie, want hulle sukkel om hulle verkeerde dade te los.