Proverbs 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Armoede en skaamte is vir hom wat die tug verwerp, maar hy wat teregwysing ag, sal geëer word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ’n teregwysing ter harte neem, ontvang eer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer. |
| Afrikaans 1983 | Armoede en vernedering wag vir iemand wat hom nie wil laat leer nie, wie 'n teregwysing ter harte neem, word geëer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Armoede en skande lê voor vir wie vermaning in die wind slaan, maar wie op teregwysing ag slaan, word geëer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat nie wil doen wat 'n wyse mens vir hom leer nie, word arm, en niemand respekteer hom nie, maar mense respekteer iemand wat onthou wat 'n wyse mens vir hom sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie hom nie steur aan die voorskrifte vir ’n gelukkige lewe nie, word gou arm. Skande op skande is sy lot. Diegene wat na goeie raad luister, word deur ander gerespekteer. |