Proverbs 13:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Bose boodskapper verval in onheil, maar 'n getroue boodskapper is gesondheid.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Onbetroubare boodskapper kry moeilikheid. ’n Gesant wat jy kan vertrou, bring voorspoed.
Afrikaans 1933/1953 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
Afrikaans 1983 'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid; 'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Goddelose boodskapper stort self in die ongeluk, maar 'n betroubare gesant is 'n gerusstelling.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met 'n boodskapper wat 'n verkeerde boodskap bring, maar 'n mens wat sy boodskap reg bring, laat dit beter gaan met mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Slegte boodskapper vergeet maklik wat hy moet sê. Mense word dan baie kwaad vir hom. ’n Goeie boodskapper se woorde maak mense gelukkig.