Proverbs 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wet van die wyse is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk. |
| Afrikaans 1983 | Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood vermy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die onderrig van 'n wyse is 'n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dinge wat 'n wyse mens vir jou leer, laat jou lewe, dit keer sodat die dood jou nie in sy vangstrik vang nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat die lewe ken, kan jou baie leer. Hulle lewenswysheid is ’n onuitputlike bron van kennis. Wie dit sy eie maak, word baie ellende gespaar. |