Proverbs 13:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Rykdom wat deur nietigheid verkry is, sal verminder word, maar hy wat deur arbeid insamel, sal vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011 Rykdom wat maklik kom, verdwyn net so maklik. Wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, het naderhand baie.
Afrikaans 1933/1953 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
Afrikaans 1983 Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Besittings wat moeiteloos verkry word, sal verminder, maar wie met die hand bymekaarmaak, vermeerder dit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat skielik ryk geword het, word gou weer arm, iemand wat stadig en versigtig goed bymekaarmaak, word ryker en ryker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kitsrykdom sonder harde werk hou nie lank nie. Wie bietjie vir bietjie spaar, word ryk.