Proverbs 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alleenlik deur hoogmoed kom twis, maar by die wat goed ingelig is, is wysheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfvoldaanheid lei altyd tot rusies. Hulle wat na ander luister, het wysheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. |
| Afrikaans 1983 | Selfverheffing lei altyd tot twis; dié wat goeie raad aanneem, het wysheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verwaandheid gee net rusie af, maar by hulle wat raad aanvaar, is daar wysheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Hoogmoedige mens wil altyd twis. Iemand wat wysheid het, luister wanneer ander mense vir hom sê wat om te doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat altyd beter weet, beland maklik in rusies. Gelowiges luister graag na ander en neem hulle standpunte in ag. |