Proverbs 12:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Man sal geprys word volgens sy wysheid, maar hy wat 'n verkeerde hart het, sal verag word.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense bewonder iemand wat verstandige dinge sê. Hulle verag iemand wat verdraaide idees het.
Afrikaans 1933/1953 Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.
Afrikaans 1983 'n Mens word geprys vir sy insig en uitgelag as hy nie verstandig dink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ooreenkomstig sy skranderheid word 'n man geprys, maar iemand met 'n verwarde hart is uitgelewer aan veragting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense prys iemand wat verstandig praat, maar hulle spot iemand wat dom dinge sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Mens word aan sy manier van lewe gemeet. Slimheid word aan ’n mooi manier van lewe gesien. Domkoppe weet nie hoe om reg te leef nie. Mense verag hulle.