Proverbs 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Deugsame vrou is 'n kroon vir haar man, maar sy wat haar skaam, is soos verrotting in sy gebeente. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Goeie vrou is haar man se trots. Een wat skande maak, is soos kanker in sy bene. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente. |
| Afrikaans 1983 | 'n Knap vrou gee haar man hoë aansien; een wat haar man in die skande steek, is vir hom soos vretende kanker. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Knap vrou is 'n kroon vir haar man, maar soos verrotting in sy gebeente is 'n vrou wat skande maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense respekteer 'n man wat 'n goeie vrou het, maar wanneer 'n man skaam moet wees vir sy vrou, dan is sy soos kanker in sy liggaam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Goeie vrou beteken vir ’n man verskriklik baie. Sy versier sy lewe soos ’n mooi kledingstuk. Iemand wie se vrou ’n skandemaker is, se lewe is nag. Sy is soos ’n ongeneeslike siekte. |