Proverbs 12:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Mens sal nie deur goddeloosheid bevestig word nie, maar die wortel van die regverdige sal nie wankel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat verkeerd lewe, het nie vastigheid nie. Iemand wat regverdig lewe, is stewig geanker. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie. |
| Afrikaans 1983 | Niemand wat 'n verkeerde lewe lei, hou stand nie; wie die wil van die Here doen, staan stewig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Mens kan nie bestendig wees deur goddeloosheid nie, en die wortel van regverdiges kan nie losgeskud word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat verkeerd doen, sal nie aanhou lewe nie, maar die mense wat reg lewe, sal vas bly staan en veilig wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand kry iets reg uit slegte dade nie. Slegte dinge maak van jou ’n ongelukkige mens. Die gelowiges staan vas. Hulle is gelukkige mense. |