Proverbs 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die luiaard braai nie wat hy in die jag gevang het nie, maar die goed van 'n vlytige man is kosbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens. |
| Afrikaans 1983 | Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; 'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Trae persoon braai nie sy wild nie, maar vir 'n vlytige mens is besittings kosbaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Lui mens kry niks, hy vang ook nie diere in die veld om te eet nie, 'n mens wat fluks werk, maak vir hom kosbare dinge bymekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slapheid bring jou nêrens nie. Jy word net armer. Harde werk is die moeite werd. Dit kan jou geld in die sak bring. |