Proverbs 12:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bedrog is in die hart van die wat kwaad bedink, maar vir die raadgewers van vrede is vreugde.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar is bedrog in die harte van hulle wat kwaad bedink. Daar is vreugde in die harte van hulle wat vrede beplan.
Afrikaans 1933/1953 Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
Afrikaans 1983 Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is; dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bedrog is in die hart van hulle wat kwaad beplan, maar vir hulle wat vrede aanbeveel, is daar vreugde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat planne maak om slegte dinge te doen, wil ander mense bedrieg, mense wat planne maak om dit goed te laat gaan, maak ander mense bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie net altyd slegte planne teen ander beraam, is ’n bedrieër. Hy is ’n diep ongelukkige mens. Wie ander liefhet, ervaar groot vreugde.