Proverbs 12:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is wat praat soos die deursteek van 'n swaard, maar die tong van die wyse is gesond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. |
| Afrikaans 1983 | Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is skinderpraatjies wat soos dolksteke is, maar die tong van wyses is 'n geneesmiddel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer mense praat en nie dink wat hulle sê nie, dan maak hulle ander mense seer. Wyse mense sê dinge wat ander mense beter laat voel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party mense maak ander graag seer. Hulle woorde is soos ’n skerp mes wat alles stukkend sny. ’n Gelowige se woorde bemoedig ander en gee hulle moed vir die lewe. |