Proverbs 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Mens sal versadig word van die goeie deur die vrug van sy mond, en die vergelding van 'n mens se hande sal aan hom vergeld word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met jou woorde kan jy baie goeie dinge kry. Die werk van hulle hande gee hulle ook baie voorregte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug. |
| Afrikaans 1983 | 'n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik, of hy kan die vrug geniet van wat hy met sy hande doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit die vrug van iemand se mond word hy met die goeie versadig, en die werk van 'n mens se hande vergoed hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n mens die regte dinge sê, dan sal dit baie goed gaan met hom, en wanneer hy met sy hande werk, dan sal hy beloning kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Gelowige se wyse woorde is soos saad wat gesaai word. Mettertyd dra dit baie vrug in ander se lewens. |