Proverbs 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goddelose word verstrik deur die oortreding van sy lippe, maar die regverdige kom uit benoudheid.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid.
Afrikaans 1933/1953 In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
Afrikaans 1983 'n Slegte mens stel vir homself 'n strik met sy opruiende woorde; wie reg doen, ontkom uit die nood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In 'n oortreding met die lippe lê die valstrik vir 'n bose mens, maar 'n regverdige ontkom aan benoudheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die verkeerde dinge wat 'n slegte mens sê, is soos 'n vangstrik wat hom vang, maar wanneer 'n mens reg lewe, dan sal dit nie vir hom gevaarlik wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Ongelowige praat hom maklik vas. Sy eie woorde is soos ’n net wat hom vasvang. ’n Gelowige se woorde red hom uit moeilike situasies.