Proverbs 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie tug liefhet, het kennis lief, maar hy wat teregwysing haat, is brutaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom. |
| Afrikaans 1983 | Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is 'n dom mens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie vermaning liefhet, het kennis lief, maar wie teregwysing haat, is dom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat daarvan hou dat mense vir hom leer, wil graag dinge weet, iemand wat nie daarvan hou dat mense vir hom sê hoe hy moet lewe nie, is dom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie die lesse van die lewe ernstig opneem, is slim. Wie uit sy foute leer, leer die kuns van die lewe ken. Wie na geen raad luister nie, is dom. |