Proverbs 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer 'n goddelose sterf, vergaan sy verwagting, en die hoop van onregverdiges vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Slegte mens gaan dood saam met alles wat hy begeer het. Sy verwagtings was net op sy eie mag gebou.
Afrikaans 1933/1953 By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.
Afrikaans 1983 Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop, selfs die verwagting wat op mag gebou is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By die dood van 'n goddelose is sy hoop daarmee heen, en die verwagting wat rykdom bied, verlore.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die mens wat verkeerd doen, sterf, dan sterf alles wat hy gehoop het, saam met hom, slegte mense kan nie hoop dat dit later goed sal gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer ’n ongelowige doodgaan, sterf hy sonder enige hoop; al die drome en verwagtings wat hy lewenslank gekoester het, is dadelik daarmee heen.