Proverbs 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die geregtigheid van die opregtes sal hulle red, maar oortreders sal in hulle eie stoutheid gevang word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die betroubaarheid van eerlike mense sal hulle red. Onbetroubare mense se eie gierigheid sal hulle inhaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang. |
| Afrikaans 1983 | Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle; onbetroubare mense word deur hulle hebsug gevang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die regverdigheid van opregtes red hulle, maar deur die wispelturigheid van verraderlikes word hulle self gevang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe, want hulle doen reg, maar die dinge wat ontrou mense graag wil hê, vang daardie mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Gelowige se verhouding met die Here help hom om krisisse te oorleef. Ongelowiges is die gevangenes van hulle eie begeertes. |