Proverbs 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die opregtheid van die opregtes sal hulle lei, maar die verkeerdheid van die oortreders sal hulle vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang.
Afrikaans 1933/1953 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
Afrikaans 1983 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die onkreukbaarheid van opregtes lei hulle, maar die verdorwenheid van verraderlikes vernietig hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eerlike mense hou aan om reg te lewe, mense wat ontrou is, sterf omdat hulle skelm is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir mense wat die Here baie liefhet, is die lewe makliker. Hulle wat Hom nie ken nie, word deur valshede verwoes.