Proverbs 11:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat sy huis in beroering bring, sal die wind beërwe, en die dwaas sal die wyse van hart dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Die een wat in sy huis ongelukkigheid bring, sal naderhand die wind erf. ’n Onverstandige mens word die slaaf van iemand met wysheid.
Afrikaans 1933/1953 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is.
Afrikaans 1983 Wie sy huishouding verwaarloos, sal naderhand net wind oor hê; 'n onverstandige mens word die slaaf van dié een wat wysheid het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie rampspoed oor sy huis bring, erf wind, en 'n sot word die slaaf van 'n verstandige mens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand slegte dinge met sy huisgesin laat gebeur, dan sal hy later alles verloor. 'n Onverstandige mens word die slaaf van 'n wyse mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie sy huisgesin te na kom se lewe sal leeg en sinloos wees. ’n Dom mens wat nie weet hoe om reg te lewe nie, sal nog vir ’n wyse werk.