Proverbs 11:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is wat verstrooi en tog vermeerder; en daar is wat terughou meer as wat nodig is, maar dit neig tot armoede.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm.
Afrikaans 1933/1953 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
Afrikaans 1983 Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is iemand wat uitdeel, en hy verkry steeds meer, en een wat meer as wat nodig is, terughou – net om gebrek te ly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is mense wat hulle goed vir ander mense uitdeel, maar hulle kry altyd meer goed, daar is ook mense wat nie graag vir ander mense iets doen nie, húlle word self arm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer.