Proverbs 11:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos geregtigheid na die lewe lei, so jaag hy wat kwaad najaag dit na tot sy dood toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lewe wag vir hulle wat regverdig is. Die dood wag vir hulle wat agter kwaad aan is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood. |
| Afrikaans 1983 | Die lewe lê voor vir wie by die reg bly, die dood wag vir wie aanhou kwaad doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Egte regverdigheid is gerig op die lewe, maar wie kwaad najaag, stuur af op sy dood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat aanhou om reg te doen, sal aanhou lewe. 'n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie die Here opreg dien, ervaar die lewe in al sy volheid. Wie verkeerde dinge doen, is dood, al haal hy nog asem. |