Proverbs 11:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goddelose doen 'n bedrieglike werk, maar vir hom wat geregtigheid saai, sal 'n vaste loon wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Goddeloses word skynbaar gou ryk, maar dit hou nie. Die regverdige sal ’n beloning kry wat vir altyd hou.
Afrikaans 1933/1953 Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.
Afrikaans 1983 Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie; wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Goddelose maak bedrieglike wins, maar wie geregtigheid saai, kry 'n egte beloning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die beloning van die mens wat verkeerd doen, beteken niks. Iemand wat aanhou om reg te doen, sal waarlik beloon word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Skurk se optrede bring min lewensvreugde. Wie vir ander mense omgee, se lewe sal vol blydskap wees.